{"product_id":"9780799379891","title":"Die fantastiese avonture van Theo die kat","description":"\u003cp\u003eTheo bly saam met sy ma, sy broer en sy suster reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Maar nie Theo nie. Hy hou van lees. In hierdie omnibus verskyn drie lekkerleesstories oor Theo se avonture.\nIn Theo die biblioteekkat is Theo die enigste een wat 'n rot ruik toe die aaklige mevrou Zuurpruim al die katte nooi om by haar te kom woon.\nIn Theo en die kattedief is al die katte in Huis Kietziekatzie dol daaroor wanneer Theo vir hulle stories lees. Maar op 'n dag verdwyn die katte skielik spoorloos. Waar kan hulle wees?\nIn Theo en die sirkus is daar op 'n dag 'n plakkaat in die biblioteek opgeplak. Alle diere word genooi om by die sirkus aan te sluit. Almal is opgewonde en oefen om toertjies te doen. Maar Theo lees iets wat sy snorbaarde laat kriewel ...\nHierdie drie prettige stories is nou vir die eerste keer in een pragtige omnibus beskikbaar  -  perfek vir voorlees of selflees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wendy+Hartmann\" class=\"contributor-link\"\u003eWendy Hartmann\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+David+Theron\" class=\"contributor-link\"\u003eDavid Theron\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wendy Hartmann","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584995737763,"sku":"9780799379891","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799379891_9192dedf-7855-4df7-9dd8-260475e28a89.jpg?v=1776512201","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799379891","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}