{"product_id":"9780799380194","title":"Om te dans","description":"\u003cp\u003eSkaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was 'n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet.\u003cbr\u003eMaar toe verander alles in 'n oogwink.\u003cbr\u003eNá die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in 'n nuwe skool waar alles onbekend is. En sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het.\u003cbr\u003eLisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. 'n Mens kan tog nie 'n delete-knoppie druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie.\u003cbr\u003eBoonop is sy vasbeslote om nóóit weer te dans nie. En sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het ...\u003cbr\u003eDie enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë, wat sy kort voor lank beter leer ken. Maar dit lyk of iemand daarop uit is om dinge vir haar en Jaco moeilik te maak.\u003cbr\u003eSal Lisa die moed kan bymekaarskraap om weer alleen op 'n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk?\u003cbr\u003e'n Vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Noreen+Nolte\" class=\"contributor-link\"\u003eNoreen Nolte\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Noreen Nolte","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584999047331,"sku":"9780799380194","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799380194_f70d3153-8f31-4391-b751-cecc43e73dc8.jpg?v=1776512357","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799380194","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}