{"product_id":"9780799380774","title":"Dinowêreld Omnibus 1","description":"\u003cp\u003eIs jy gereed vir die grootste avontuur ooit?\u003cbr\u003eJohan en sy beste vriend, Tom, ontdek 'n geheime grot met versteende voetspore in Dinobaai. Toe hulle op die voetspore loop, beland hulle in 'n wêreld vol regte, lewende dinosourusse. Saam met hul dino-maat, Wanna, beleef die twee seuns allerlei asemrowende - maar ook gevaarlike - oertyd-avonture! Die stories is in 2009 vir die eerste maal as individuele boeke uitgegee. Hierdie omnibus bevat die eerste vier stories uit dié gewilde reeks:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAanval van die akkediskoning\u003cbr\u003eJohan en Tom ontdek die geheim van Dinobaai. Nou wag daar hope avonture op hulle. Op hierdie geheime plek is allerhande dinosourusse, ook 'n enorme T-rex wat warm op die twee seuns se spoor is …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eStormloop van die driehoring-monster\u003cbr\u003eJohan en Tom keer terug na hul geheime dinosouruswêreld. Hulle kan nie wag om dit verder te verken nie. Maar toe 'n Triceratops-trop op hulle afstorm, lyk dit of die seuns platgetrap gaan word. Daar is net een uitweg - hulle sal op een van die dinosourusse se rug moet probeer ry!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMars van die gepantserde reuse\u003cbr\u003eJohan en Tom is terug in Dinowêreld. Hulle ontdek 'n jong Ankylosaurus wat in die modder vassit. Die seuns moet die baba-dinosourus red voordat die modder hom insuig - maar hoe? En wat sal gebeur as die ma terugkeer en haar reusagtige, dodelike stert begin rondswaai?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVlug van die pterosourus\u003cbr\u003eIn hul geheime dinosouruswêreld soek Johan en Tom na die grootste vlieënde reptiel wat ooit geleef het, Quetzalcoatlus. Maar wat gaan hulle doen wanneer die reuse-pterosourus dink hul dino-maat, Wanna, is haar kuiken en met hom wegvlieg? Daar is bitter min tyd om hul maat te red …\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rex+Stone\" class=\"contributor-link\"\u003eRex Stone\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rex Stone","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375839690915,"sku":"9780799380774","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799380774_a260aaca-b0e9-42b5-9334-6ac1c3d02453.jpg?v=1776512444","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799380774","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}