{"product_id":"9780799380804","title":"Aksieheld Austin 2: Nag van die grille","description":"\u003cp\u003eLigte, kamera, aksie!\u003cbr\u003eEwald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G'n wonder nie - hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy 'n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!\u003cbr\u003eDie tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by 'n ou fliekteater in die stad gehou word.\u003cbr\u003eMaar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, 'n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum - saam met 'n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …\u003cbr\u003eAs hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos 'n REGTE aksieheld moet wees!\u003cbr\u003eHierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Aksieheld+Austin\" class=\"contributor-link\"\u003eAksieheld Austin\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen,Aksieheld Austin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375853486243,"sku":"9780799380804","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799380804_fea27081-c596-45e8-b020-a3682313642b.jpg?v=1776512457","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799380804","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}