{"product_id":"9780799381320","title":"Offerande","description":"\u003cp\u003eIs Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy César, die moordenaar, se gene?\u003cbr\u003eDié kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en só die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit?\u003cbr\u003eKommissaris De Brabander is 'n opsie tot Caz besef sy staan van voor af weer eerste op sy lys van verdagtes - dié keer vir die moord op een van haar agtervolgers.\u003cbr\u003eBoonop daag Caz se eksman by haar op en dring aan om sy dogter te ontmoet. Caz besluit om die keuse aan Lilah oor te laat, maar toe dié uit België aankom, is sy nie die lieflike kind wat Caz ken en grootgemaak het nie.\u003cbr\u003eCaz se probleme neem rampspoedige afmetings aan toe sy besef die offerlam sal die offerande moet word as sy Lilah van haarself en van die dood wil red.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375449424035,"sku":"9780799381320","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799381320_86fae197-655f-452c-99a3-c7b391a37205.jpg?v=1776512549","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799381320","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}