{"product_id":"9780799381535","title":"Meetsnoer - Gys Niemand reeks boek 4","description":"\u003cp\u003eEen en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan.\u003cbr\u003eVoor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur.\u003cbr\u003eToe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie.\u003cbr\u003eRaine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel.\u003cbr\u003eInspekteur Gys Niemand en Fortuintjie moet weer hulle speurvernuf inspan ondanks teenkanting in eie geledere.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585000685731,"sku":"9780799381535","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799381535_63ed4b55-f128-4322-9fb5-120d289eb73b.jpg?v=1776512598","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799381535","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}