{"product_id":"9780799381634","title":"Man van min woorde Omnibus","description":"\u003cp\u003eMan Van Min Woorde - Man van min woorde is die eerste boek in die Man-trilogie en het in 2008 verskyn:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie oomblik toe die voordeur oopgaan, is die yslike hond op haar en oor haar. Francesca klou aan haar wankelende ewewig en ruk haar kop so vinnig weg dat 'n steekpyn deur haar arme nekwerwels skiet. Die uitbundige rooi tong kry nietemin 'n skrams lek of twee in. Teen die tyd dat sy die aanslag afgeweer het, is sy bleek en bewerig en skoon uitasem geskrik.\u003cbr\u003eDit kon seker erger gewees het - dit kon být in plaas van lek gewees het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSjef van haar Hart  - Alles het gewerk in hierdie restaurant en in Emmie se lewe en haar hart, tot die nuwe sjef hier aangekom het. Dié arrogante Fransman krap haar reëlings om - en hy is onmenslik aantreklik en kunssinnig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRaaiselpad Na Liefde - Majid Vaughn was met Anya se oorlede suster getroud en Anya verkwalik hom vir haar dood. Met sy Arabiese afkoms, 'n jonger broer wat die deur gewys is en niemand wat daaroor praat nie, bly hy 'n raaisel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maril%C3%A9+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Madeleine+van+der+Nest\" class=\"contributor-link\"\u003eMadeleine van der Nest\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Drotsky\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Drotsky\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marilé Cloete,Madeleine van der Nest,Elsa Drotsky","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376650731683,"sku":"9780799381634","price":159.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799381634_0438636d-2167-41d8-b967-4333845b0695.jpg?v=1776512619","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799381634","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}