{"product_id":"9780799381825","title":"Moord op Karibib","description":"\u003cp\u003eDit is Nuwejaar. Alet het geen voornemens nie, niks om te vier nie. Sy is op vlug. 'n Vlug wat donkeraand op Karibib in Namibië eindig. Oftewel moedverloor se vlakte. Danksy twee mans bereik haar lewe daardie aand 'n nuwe laagtepunt.\u003cbr\u003eDie een is haar man. Nadese haar eks. As jou geliefde jou afknou dat jy steke nodig het, weet jy dit is tyd om te gaan.\u003cbr\u003eDie ander man is dood. Alet word 'n ooggetuie by 'n ongeluk. 'n Sterwende man fluister sy laaste woorde in haar oor. Die oorsaak van sy dood is egter nie die ongeluk nie, maar 'n messteek in die bors.\u003cbr\u003eSedert die verlies van haar pa dwaal Alet doelloos en rigtingloos in haar eie lewe rond. Sy het die afgelope ses jaar 'n vreemdeling vir haarself geword. Toe omstandighede haar op Karibib laat vasval, is daar vir haar geen ander keuse nie as om haar probleme in die oë te staar.\u003cbr\u003eConrad Dorfling, die polisieman in velskoene wat die saak ondersoek, maak hierdie tyd vir haar makliker. En moeiliker. Alet het nie die moed, of selfvertroue om haar weer in 'n verhouding te begewe nie. Veral nie met 'n man wat nog getroud is nie, al is dit net op papier.\u003cbr\u003eSoms is verandering moord. Letterlik.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Isa+Konrad\" class=\"contributor-link\"\u003eIsa Konrad\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Isa Konrad","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585000816803,"sku":"9780799381825","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799381825_32523b09-2b5b-418d-8049-5b8f24e6f48b.jpg?v=1776512630","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799381825","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}