{"product_id":"9780799382761","title":"God praat Afrikaans","description":"\u003cp\u003eLuister na die braste,\u003cbr\u003ewat kruisbeen oppie trap sit.\u003cbr\u003eBehalwe entertainment, kry 'n taste wat Afrikaaps is!\u003cbr\u003eAitsa, sy boots het stars ..\u003cbr\u003eAitsa, hy's soe die star ...\u003cbr\u003eAitsa, gloe dis waar ..\u003cbr\u003eHy's John Wayne in Afrikaans!\u003cbr\u003eSy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde.\u003cbr\u003eDit is HemelBesem.\u003cbr\u003eIn hierdie boek nooi dié gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart lê ... en hy doen dit in die taal van sy hart.\u003cbr\u003eAfrikaans.\u003cbr\u003eOor sý Afrikaans sê hy: 'Afrikaans is 'n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gesê het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.'\u003cbr\u003eDaarom nooi hy met hierdie boek lesers om 'n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwêreld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart lê.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSimon Witbooi (bekend onder sy verhoognaam HemelBesem) is alombekend as kletsrymer, TV-aanbieder, rubriekskrywer en motiveringspreker. Ná sy arm grootwordjare in die suidelike voorstede van Kaapstad was hy ná matriek 'n tyd lank 'n pastoor op Worcester, voordat hy teruggekeer het Kaap toe om op sy hip-hoploopbaan te fokus. Hy is deesdae een van die bekendste hip-hopkunstenaars in die land, en ook 'n gereelde ankeraanbieder van die gewilde joernaalprogram Pasella op SABC2.\u003cbr\u003eSimon het 'n passie vir Afrikaans en hy is onder meer betrokke by die ATKV se projek Woorde Open Wêrelde (WOW), wat daarop gemik is om 'n liefde vir lees by skoolkinders te kweek. Hy is ook betrokke by die ATKV se jaarlikse Liedjieslypskool, wat daarop gemik is om nuwe Afrikaanse liedjieskryftalent te ontwikkel.\u003cbr\u003eSimon is met die hip-hopkunstenaar YOMA getroud, en hy is die trotse pa van twee dogters, Simile en Halo.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hemelbesem\" class=\"contributor-link\"\u003eHemelbesem\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hemelbesem","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585001963683,"sku":"9780799382761","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799382761_d0070b2a-9de2-4129-a67c-57539d34e141.jpg?v=1776512771","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799382761","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}