{"product_id":"9780799382815","title":"Beatrix sê : Raak Hekel-slim","description":"\u003cp\u003eDie dae toe net oumas en oujongnooiens doilies vir suikerpotjies wou hekel is lankal verby! Hekel het ontwikkel in die nommer een kunstige tydverdryf vir jonk en oud, met 'n groot verskeidenheid hekelgare in alle kleure van die reënboog en eindelose patroonmoontlikhede.\u003cbr\u003eMaar hoe gemaak indien jy selfs nie eers weet hoe om 'n hekelpen korrek vas te hou nie? Die oplossing vir jou penarie is: Beatrix sê: Raak hekel-slim!\u003cbr\u003eBeatrix sê: Raak hekel-slim is 'n volledige hekelhandleiding en die perfekte allesomvattende gids om beginners aan die kunsvorm van hekel bekend te stel.\u003cbr\u003eDie volkleurfoto's en haarfyn instruksies word gekomplementeer deur spoggerige hekelprojekte wat jou nuwe vaardighede toets. Die boek sal ook as 'n nuttige naslaanbron vir die gesoute handwerker dien.\u003cbr\u003eDie boek verduidelik die volgende:\u003cbr\u003e- Hekelpengroottes, -tipes en waarvan dit gemaak word (NB: dit sluit ook 'n hekelpen-omskakelingstabel tussen VS, VK en metrieke mates in)\u003cbr\u003e- Ander hekelgereedskap bv. kettingmerkers, stopnaalde en meetapperate\u003cbr\u003e- Hoe om die hekelpen en draad vas te hou (en wat om te doen as jy linkshandig is)\u003cbr\u003e- Hekeldraad bv. die voor-en nadele van natuurlike en kunsmatige vesels, die gewig van hekelgare en om hoeveelhede benodig uit te werk\u003cbr\u003e- Kleurteorie en hoe om kleure te kombineer\u003cbr\u003e- Lees van patrone en diagramme en 'n volledige lys van al die steekafkortings tussen VS, VK en Afrikaans\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Beatrix+Snyman\" class=\"contributor-link\"\u003eBeatrix Snyman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Beatrix Snyman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585002029219,"sku":"9780799382815","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799382815_44ab1602-7c3c-40f3-bfd7-5a6054d27ed3.jpg?v=1776512784","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799382815","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}