{"product_id":"9780799382822","title":"Upcycling-projekte: Palette","description":"\u003cp\u003ePalette: Upcycling-projekte bied 33 selfdoen palet-items waar die nederige palet omskep word in goedkoop, praktiese en eko-vriendelike meubels, dekor, speelgoed, tuinprodukte en geskenkitems. Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte wat waarde het te skep.  Die boek is propvol kleurfoto's met maklike stap-vir-stap-verduidelikings van hoe om die rou palet uitmekaar te haal en jou eie projekte te beplan en te bou, tot verftegnieke om jou produkte mee af te rond. Die moeilikheidsgraad van die produkte wissel, so die boek is ideaal vir beginners asook selfdoen-entoesiaste met meer gevorderde vaardighede. Van die projekte sluit in: 'n wynrak, hangrak vir tuingereedskap, koffietafel, leunstoel, trousseaukis, boekrak, groenterakkie, fotoraam, planthouers, speelgoedkombuis, -trollie, en -huisie. Jason Kobrowisky is 'n gesoute meubelontwerper en houtwerker met in sy eie meubelfabriek in Johannesburg. Hout, en veral herwinning van hout, lê hom na aan die hart, en hy is baie lief daarvoor om iets moois en nuuts uit afvalhout te skep.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jason+Kobrowisky\" class=\"contributor-link\"\u003eJason Kobrowisky\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jason Kobrowisky","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585002061987,"sku":"9780799382822","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799382822_aa2dd458-5941-4ffe-aa91-001d51fdb259.jpg?v=1776512790","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799382822","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}