{"product_id":"9780799383119","title":"Pelgrimshoop","description":"\u003cp\u003eOp Pelgrimshoop, 'n weggesteekte dorpie in die voue van die Laeveld, waar die vlaktes wemel van skaap, gras en die oudste klipformasies in Suid-Afrika, daar vind Hannah de Witt in 1956 haar voete weer na 'n verbryselende verhouding wat sy agterlaat in Pretoria.\nOngeag die feit dat haar student, Elias Bart, die knorrige boer van Bartelheim, die man wat 'die ding het met die perde', aanvanklik nie wil saamwerk met waarvoor hy haar laat kom het nie: Om hom verder te kom leer.\nDie legendariese vete tussen Vliet Vorster, sy 4-manbende, en Bart dreig boonop om in 'n volskaalse konflik te ontaard want Vorster haat die 'bontspul' op Bartelheim. Vliet Vorster, voorste boer en burgemeester, wat elke Saterdagaand Die Oog leegdrink en Sondag voor in die kerkgestoeltes sit.\nOndanks die dorp se opstand oor Hannah en haar skrywerbroer Abram se teenwoordigheid in die omgewing, die atmosfeer op die plaas wat maar styf is en Hannah se onwillige student groei die waarheid, teerheid en nederigheid  -  en Hannah leer 'n ander Elias ken.\nDie boek verloop deur een baie belangrike jaar in ons geskiedenis, 1956, die instelling van 'petty politics' en met o.m. die vrouemars na die Uniegeboue. Dit vertel 'n stukkie ongekende geskiedenis  -  en is gebaseer op werklike gebeure in ons geskiedenis wat onverteld is, om een of ander rede\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ronel+Nel\" class=\"contributor-link\"\u003eRonel Nel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ronel Nel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585002520739,"sku":"9780799383119","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799383119_3138b0d2-6b13-4ecb-ad97-9499317695df.jpg?v=1776512884","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799383119","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}