{"product_id":"9780799383508","title":"Die mense langsaan","description":"\u003cp\u003eChristine wil van Frikkie, haar man, ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto wen wat hy nie met haar deel nie. Dan trek daar 'n geskeide man met 'n volwasse dogter langs haar in. Wanneer Frikkie op onverklaarbare wyse by die trap in die huis afval, is die speurders en Christine suspisieus oor haar nuwe buurman. Christine, die ryk weduwee, trou gou weer en trek saam met haar nuwe man na 'n veiligheidslandgoed. Haar eertydse kollega, Zebith, is haar nuwe buurvrou. Mettertyd kom Christine agter dat die huis waarin sy en haar nuwe man bly 'n bloedige geskiedenis het. Zebith ken die geskiedenis en was betrokke by die inwoners. Sy ly aan postraumatiese stres en wroeg omdat sy skuldig voel oor wat in die huis langs hare gebeur het. Saam met die\nskuldgevoel moet sy ook die pyn van haar gebroke hart hanteer. Die twee buurvroue het albei die man saam met wie hulle gewoon het, verloor en albei het skouers geskuur met gewelddadige dood.\nDaar kan tog nie nog onvoorsiene tragedies vir hulle voorlê nie?\n\nOor die skrywer\nElsa Hamersma het al 15 boeke geskryf. Een daarvan was 'n jeugverhaal, Die teken van die crux, waarmee sy die Sanlamprys vir jeuglektuur in 1998 gewen het.\nDie mense langsaan is haar eerste spanningsroman en dis geskryf in die tradisie van die domestic noir, The girl on the train  -  'n eerste in Afrikaans.\nPryswoorde\nChanette Paul, LAPA Uitgewers se manuskripontwikkelaar, sê: \"Ek moet Elsa gelukwens met hierdie manuskrip. Sy het haar goed van haar taak gekwyt. Elsa skryf ook lekker vloeiend en is baie goed taalvaardig. Dis altyd verblydend wanneer skrywers nuwe genres in Afrikaans aanpak. Die noir-genres, en spesifiek domestic noir, is deesdae baie gewild. Ek is dus bly Elsa het hierdie tendens op die proef gestel.\"\nJeanette Ferreira, teksredakteur, sê: \"Dit is die beste van Elsa se romans wat ek ooit gelees het. Die bisarheid, die droefheid, die sameloop van omstandighede het my so geboei dat ek nie die teks wou neersit nie. Well done!\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Hamersma\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Hamersma\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Hamersma","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585003471011,"sku":"9780799383508","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799383508_87e37634-47e6-41e8-b867-d3f7ee11528b.jpg?v=1776512972","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799383508","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}