{"product_id":"9780799383614","title":"Die rooikop, die leeu en die handgranaat","description":"\u003cp\u003eAdele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar díng. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens?\u003cbr\u003eDie afgelope tyd voel dit buitendien of 'n groot hand haar wêreld gevat en geskud het. Soos daai ou bordspeletjies wat hulle kleintyd saamgevat het op vakansies. Iemand stamp per ongeluk net liggies aan die Slangetjies-en-leertjies en al die knope en dobbelsteentjies is deurmekaar, en niemand het meer 'n cooking clue of hulle naby die einde of die begin is nie.\u003cbr\u003eEn dit alles begin die middag toe sy van die skool af stap en 'n leeu in hulle tuin ontdek ...\u003cbr\u003eHierdie nuwe jeugverhaal uit die pen van die bekroonde Annelie Ferreira is 'n holderstebolder-wipwarit vol humor, romanse, aksie en avontuur.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annelie+Ferreira\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnelie Ferreira\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annelie Ferreira","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585003667619,"sku":"9780799383614","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799383614_f6608a2c-1f5a-49cc-8192-1bb72b674d96.jpg?v=1776512992","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799383614","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}