{"product_id":"9780799383829","title":"Kupido.com","description":"\u003cp\u003eIs jy gereed om die liefde van jou lewe te ontmoet?\u003cbr\u003eWaarvoor wag jy? Sluit dadelik aan!\u003cbr\u003eLéa kan dit nie help nie  -  die hoofseun, Philip Cronjé, laat haar hart tjoklits klop.\u003cbr\u003ePhilip is 'n regte Romeo. Hy het bruin oë, hy is slim en aantreklik - en hy het 'n meisie. Nie dat dit regtig saak maak nie, want Léa weet 'n ou soos Philip sal nie eens twee keer na 'n vaal, vervelige meisie soos sy kyk nie.\u003cbr\u003eMaar dan skep haar beste vriendin, Kaylie, vir haar 'n vals profiel op Kupido.com, 'n kletskamer waar jy veronderstel is om die liefde van jou lewe te ontmoet. En kort voor lank is daar iemand wat met Léa wil gesels  -  Philip!\u003cbr\u003eDaar is net een probleem: Die meisie op die profiel het rooi hare, sy is 'n bikinimodel in haar vrye tyd, en sy is baie avontuurlustiger as Léa.\u003cbr\u003eHoe lank sal Léa dit regkry om Philip te flous?\u003cbr\u003e'n Snaakse, romantiese debuutroman vir tieners deur 'n opwindende jong nuwe skrywerstem in Afrikaans!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annabel+Allers\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnabel Allers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annabel Allers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585004224675,"sku":"9780799383829","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799383829_d55b76c9-dd32-486e-8374-61cfe735e7c0.jpg?v=1776513081","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799383829","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}