{"product_id":"9780799383850","title":"Sanri Steyn 8: Die rustelose mummie","description":"\u003cp\u003eWat is die mummie se geheim?\u003cbr\u003eSanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn.\u003cbr\u003eSanri hou nie juis van grillerige goed soos mummies nie. Maar sy is nogtans opgewonde toe sy hoor 'n rondreisende uitstalling met artefakte uit antieke Egipte gaan Raaiselfontein se museum besoek. Uiteindelik gebeur daar iets waaroor sy in haar koerant kan skryf!\u003cbr\u003eMaar kort voor lank begin vreemde dinge gebeur. Hoekom lyk die mummie so vreemd op foto's? Waarom draai iemand snags die dorp se standbeelde in toiletpapier toe? En waarom raak die kurator van die museum en sy dogter elke aand onverklaarbaar aan die slaap? Sanri se neus begin kriewel. Kan dit wees dat die mummie lewend word? En wat wil hy hê? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ...\u003cbr\u003eDie aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Theresa+van+Baalen\" class=\"contributor-link\"\u003eTheresa van Baalen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Johann+Strauss\" class=\"contributor-link\"\u003eJohann Strauss\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Theresa van Baalen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376600924323,"sku":"9780799383850","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799383850_90d3079c-fa76-4e00-87dc-77454e1c3827.jpg?v=1776513099","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799383850","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}