{"product_id":"9780799383980","title":"Mieke en die meerminne 3 Avonture in die dieptes","description":"\u003cp\u003eMieke is mal oor meerminne.\u003cbr\u003eHaar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies.\u003cbr\u003eMaar Mieke weet hulle bestaan regtig.\u003cbr\u003eEn danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Dit voel teen hierdie tyd al soos haar tweede tuiste.\u003cbr\u003ePrinses Luna is baie opgewonde toe sy uit die bloute 'n brief van prins Kadan kry. Hy is die meermin-prins van die Koraalkoninkryk - en op haar ma se verjaardagbal het hulle heerlik gedans. Daar is net een probleem: Luna se pa en Kadan se pa is aartsvyande!\u003cbr\u003eToe Luna besluit om vir Kadan in die Koraalkoninkryk te gaan kuier, wéét Mieke daar is moeilikheid op pad.\u003cbr\u003eKort voor lank trotseer hulle die donker dieptes van die oseaan waar allerlei skrikwekkende avonture op hulle wag - 'n storm, 'n donker kelpwoud, seeslange, skeepswrakke … en twee baie kwaai meerminkonings!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Miranda+Jones\" class=\"contributor-link\"\u003eMiranda Jones\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Samantha+van+Riet\" class=\"contributor-link\"\u003eSamantha van Riet\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Miranda Jones","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376473882787,"sku":"9780799383980","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799383980_db29dbe8-04ea-445c-b7b8-a68653c83342.jpg?v=1776513135","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799383980","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}