{"product_id":"9780799384222","title":"Slym Omnibus","description":"\u003cp\u003eVir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in:\u003cbr\u003eSlym: Die wêreld se eerste wurm in 'n paddakonsert\u003cbr\u003eSlym en die beker van geluk\u003cbr\u003eSlym en die gogga-sirkus\u003cbr\u003eSlym en die towertapyt\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLangs die riete in Paddavlei,\u003cbr\u003edaar waar al die paddas bly,\u003cbr\u003eonder die grote hemelruim,\u003cbr\u003ewoon daar ook 'n wurm, Slym.\u003cbr\u003eOp 'n dag word 'n wurm deur 'n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy 'n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val … by 'n skool vir paddas.\u003cbr\u003eEn só begin 'n hele reeks avonture by die paddaskool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope gawe paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolboelie, Padarotti.\u003cbr\u003eFanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie. Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het dié oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef. Slym het die eerste wurm geword wat in 'n paddakonsert gesing het, hy het 'n draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op 'n towertapyt gery! Boonop het hy sommer twee ATKV-Woordveertjies ook ingepalm!\u003cbr\u003eVir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in:\u003cbr\u003eSlym: Die wêreld se eerste wurm in 'n paddakonsert\u003cbr\u003eSlym en die beker van geluk\u003cbr\u003eSlym en die gogga-sirkus\u003cbr\u003eSlym en die towertapyt\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376473915555,"sku":"9780799384222","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799384222_46fdbb2e-007e-4786-8041-38f52ba45ed9.jpg?v=1776513203","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799384222","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}