{"product_id":"9780799384420","title":"Bak en brou","description":"\u003cp\u003e6 Konyn-kokke\u003cbr\u003e1 Wolf in konynklere\u003cbr\u003e1 Moeilikheidmaker\u003cbr\u003e1 Goue Eier-trofee\u003cbr\u003e... en hope smullekker SJOKOLADEKOEK!\u003cbr\u003eMeng dit saam en jy kry die GROOTSTE HASIE-BAK-EN-BROU-KOMPETSIE van die JAAR!\u003cbr\u003eJan-Daniël is mal oor bak. Hy bak graag kaneelrolletjies, krummelrige brosbeskuit, karringmelk-koekies en sy gunsteling - sjokoladekoek. Daarom is Jan-Daniël baie opgewonde toe hy op 'n dag 'n uitnodiging kry om aan die Groot Hasie-bak-en-brou-kompetisie deel te neem. Daar is net een probleem: Jan-Daniël is nie 'n hasie nie - hy is 'n wolf. Daarom besluit hy om hom te vermom en aan die kompetisie deel te neem. Eers lyk dit of Jan-Daniël die ander deelnemers 'n ding of twee gaan wys, maar dinge loop lelik skeef toe een van die deelnemers probeer kul. Dan kry Jan-Daniël egter hulp uit 'n onverwagse oord - en hy ontmoet boonop iemand wat net soveel soos hy van sjokoladekoek hou!\u003cbr\u003eKleuters sal hulle lippe aflek vir hierdie heerlike bak-en-brou-storie vol aksie, avontuur en smullekker sjokoladekoek!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ellie+Snowdon\" class=\"contributor-link\"\u003eEllie Snowdon\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ellie Snowdon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376534077603,"sku":"9780799384420","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799384420_7e53efbb-551f-4ec6-a60e-005b9e770e48.jpg?v=1776513243","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799384420","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}