{"product_id":"9780799384512","title":"Dinge wat ek nie van skape geweet het nie","description":"\u003cp\u003eGlo my, as jy op die ingewing van die oomblik 'n skaap by 'n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ...\r\nLuan se vakansieplanne is in hulle peetjie.\r\nIn plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op 'n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat 'n fotoboek oor windpompe wil publiseer.\r\nDit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het.\r\nOp pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om 'n skaap te steel.\r\nLuan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma - die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare 'n geheim saam met haar ronddra.\r\nEn die belangrikste van als: Hy leer homself ken.\r\nKort voor lank verander 'n vervelige rit deur die Karoo in 'n onvergeetlike reis ...\r\nHierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376537419939,"sku":"9780799384512","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799384512_7c4da787-f306-4888-9bc7-dcad716132ca.jpg?v=1776513281","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799384512","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}