{"product_id":"9780799384529","title":"Vakansiepret 1: 'n Piekniek op die Strand","description":"\u003cp\u003e'n Nuwe reeks propvol vakansiepret!\r\nJana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na 'n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand - maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf!\r\nMaar dan hoor die twee meisies 'n vreemde tjankgeluid tussen die duine. Toe hulle ondersoek gaan instel, ontdek hulle 'n klein hondjie wat seergekry het en hulle hulp dringend nodig het. Sal hulle die hondjie se eienaar kan opspoor?\r\n\r\nOor die reeks\r\nJana en haar beste vakansiemaat, Alisha, hou vakansie op Duinebaai. Hulle maak allerlei opwindende planne om die vakansie gate uit te geniet! Maar ongelukkig is Jana se kleinboetie, Tiaan, en sy beste maatjie, Rudie, gedurig in die pad - en hulle doen hul bes om die twee meisies se vakansie te versuur! Maar die twee seuns se manewales lei elke keer tot hope pret en avontuur! Jong lesers sal versot wees op hierdie humoristiese, aksiebelaaide nuwe reeks uit die pen van Theresa van Baalen.\r\nTitels in die reeks\r\n1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529)\r\n2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Theresa+van+Baalen\" class=\"contributor-link\"\u003eTheresa van Baalen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Zinelda+McDonald\" class=\"contributor-link\"\u003eZinelda McDonald\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Theresa van Baalen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376540729507,"sku":"9780799384529","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799384529_e30502da-6476-4528-8b7b-4cae329ddf7c.jpg?v=1776513285","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799384529","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}