{"product_id":"9780799384536","title":"Vakansiepret 2: Vlieërs en Filmsterre","description":"\u003cp\u003e'n Winderige dag word 'n weghol-avontuur!\u003cbr\u003eJana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem. Maar dan ontdek hulle twee vlieërs ... Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel! Ongelukkig besluit Jana se boetie, Tiaan, en sy maatjie, Rudie, hulle wil saamkom. Kort voor lank veroorsaak die twee seuntjies chaos. Hul vlieër raak met Jana s'n verstrengel en die tou breek!\u003cbr\u003eJana en Alisha is desperaat om hulle vlieër terug te kry en sit dit agterna. Dan beland hulle heel onverwags op 'n filmstel waar die beroemde tienerakteur Clint du Bell besig is om sy nuutste fliek te verfilm. En die filmspan is op soek na meisies om as ekstras in die fliek te speel ...\u003cbr\u003eSkielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOor die reeks\u003cbr\u003eJana en haar beste vakansiemaat, Alisha, hou vakansie op Duinebaai. Hulle maak allerlei opwindende planne om die vakansie gate uit te geniet! Maar ongelukkig is Jana se kleinboetie, Tiaan, en sy beste maatjie, Rudie, gedurig in die pad - en hulle doen hul bes om die twee meisies se vakansie te versuur! Maar die twee seuns se manewales lei elke keer tot hope pret en avontuur! Jong lesers sal versot wees op hierdie humoristiese, aksiebelaaide nuwe reeks uit die pen van Theresa van Baalen.\u003cbr\u003eTitels in die reeks\u003cbr\u003e1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529)\u003cbr\u003e2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Theresa+van+Baalen\" class=\"contributor-link\"\u003eTheresa van Baalen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Zinelda+McDonald\" class=\"contributor-link\"\u003eZinelda McDonald\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Theresa van Baalen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376540762275,"sku":"9780799384536","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799384536_d58faa70-3815-4a84-9ba7-f54814a902f7.jpg?v=1776513289","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799384536","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}