{"product_id":"9780799385397","title":"Paaiboelie","description":"\u003cp\u003eJojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël en Ewebeeld is terug.\nHaar opdrag is oënskynlik eenvoudig: Vind uit wat het werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur  -  die dag toe hy ten aanskoue van sy heelwat jonger, sexy trofeevrou doodgeskiet is.\nDie moord op 'n vooraanstaande ou bok wat met 'n jong blaar uit 'n bedenklike agtergrond getroud was, fassineer Jojo egter minder as die stories rondom Crystal Crags, die landgoed wat binne die sogenaamde Duiwelsdriehoek val. Soos die storie van 'n haaslipkind wat op 'n stormnag verdrink het, en sedertdien aan mense verskyn voor hulle sterf of verdwyn. \nWat op Crystal Crags gebeur, kom Jojo egter agter, bly op Crystal Crags en so is dit al die afgelope eeu.\nZaan Mentz is white trash gebore, maar nou welaf ná haar man se moord, glo Zaan sy is uiteindelik veilig toe sy haar droomhuis koop. Hier kan sy die giftige dampkring van haar stiefkinders ontwyk en die sekuriteit is uitstekend.\nOp Crystal Crags, beteken 'n inkomeling egter verandering en verandering hier, het nog altyd die ongeluksvoël se ongebore kuikens aan die eiers laat pik om uit te kom. Terwyl Jojo die geheim van 'n enkele oggend se gebeure ontrafel, dobber die geheime wat vir langer as 'n honderd jaar op Crystal Crags verswyg is geleidelik boontoe en Zaan staan skielik in die brandpunt.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585010188451,"sku":"9780799385397","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799385397_f2b28a8c-d323-4d0b-a9e6-628103547e6a.jpg?v=1776513467","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799385397","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}