{"product_id":"9780799386981","title":"Hartewens Omnibus","description":"\u003cp\u003eOnwelkome geskenk\u003cbr\u003eHandomkeer \u003cbr\u003eLe Fleur se hartebreker.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOnwelkome geskenk:\u003cbr\u003eMarile Cronjé se buitengewone verjaardaggeskenk is alles wat sy nié wou gehad het nie, want van haar oupa se gekonkel het sy net mooi genoeg gehad. Boonop moet sy die lewe se donker kant leer ken met die oog op 'n erflating wat sy nog minder wil hê.\u003cbr\u003eKan sy die aantreklike, enigmatiese Werner vertrou? Is hy nie net nóg een van die vele wat agter haar geld aan is nie? Sy kry die antwoord klinkklaar in oupa Jopie se brief, maar besef kort voor lank dat haar vooroordele haar insig verdof het. Eers toe sy werklik na haar hart luister, kan sy haar regmatige verjaardaggeskenk - én geluk - opeis.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHandomkeer:\u003cbr\u003eOm uit Johannesburg se agterstrate te kom en jou pad oop te veg tot jy een van dié wynmakers in Suid-Afrika is, sit nie in enige meisie se klere nie. Maar dit is wat Bea regkry.\u003cbr\u003eDit is egter nie 'n baie goeie begin as mens jou nuwe werkgewer op straat byloop en so te sê aanrand nie. Maar dit was tog net 'n misverstand. Gaan hy nou vir altyd so stuurs wees en haar met so min dinge vertrou?\u003cbr\u003eMaar haar baas is toe nie so befoeterd nie en die man word gaandeweg belangriker as haar afkoms. Hy verander in 'n handomkeer. Wel, tot hy haar in 'n verdagte situasie betrap.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLe Fleur se hartebreker:\u003cbr\u003eVir hierdie man moet sy ligloop, dit weet Janneli sommer in die eerste week wat sy as Le Fleur se gastehuisbestuurder begin werk. Sy reputasie as dié hartebreker in die Franschhoekvallei het hom immers vooruitgeloop. En hy weet dit nie, maar hierdie wynplaas is glad nie vir haar onbekende terrein nie.\u003cbr\u003eBaie gou blyk dit dat sy nie verniet op haar hoede was nie. Trouens, hy gaan met haar 'n weddenskap aan dat sy voor die oestyd verby is, nog een van die vrouegesigte in sy berugte album sal wees!\u003cbr\u003eJanneli aanvaar dit. En geen meisie gaan 'n weddenskap aan as sy nie 'n taamlik goeie kans staan om te wen nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Madelie+Human\" class=\"contributor-link\"\u003eMadelie Human\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Madelie Human","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375853224099,"sku":"9780799386981","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799386981_bd66cb9a-3308-426d-a188-84a6b4e9b07a.jpg?v=1776513683","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799386981","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}