{"product_id":"9780799387544","title":"Die vyfde Aspoester","description":"\u003cp\u003e'n Donkerkopmeisie se liggaam word in 'n agteraf hotel in 'n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.\u003cbr\u003e“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”\u003cbr\u003eDit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto's van die moordtoneel bestudeer.\u003cbr\u003e“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”\u003cbr\u003e'n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”\u003cbr\u003eDie lyke van nog drie meisies word binne 'n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie sielkundige riller delf in die lewenslange invloed wat gesinsgeweld, asook geweld in die algemeen, op die psige van 'n mens kan hê.\u003cbr\u003eDit ondersoek ook die invloed wat geweld teen vroue en kinders op die samelewing het.\u003cbr\u003eKwessies soos pedofilie, geestesversteuring en seksverslawing word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong meisies grusaam vermink word voordat hulle sterf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jan+Vermeulen\" class=\"contributor-link\"\u003eJan Vermeulen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jan Vermeulen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376533192867,"sku":"9780799387544","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799387544_948ca16d-8874-4b53-8c5a-6124661c1c7b.jpg?v=1776513753","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799387544","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}