{"product_id":"9780799387773","title":"Kringloop","description":"\u003cp\u003eReine Duvenage, 'n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van 'n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef 'n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was.\u003cbr\u003eGedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ŉ pos by 'n plattelandse hoërskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is ná twee jaar.\u003cbr\u003eHaar poging om anoniem te bly en nie weer 'n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto's geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam'selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag.\u003cbr\u003eOndanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om 'n moord te voorkom?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKringloop is deel van die Bloedspoor-tweeluik. Albei romans speel gedeeltelik af op die kampus van die Universiteit van Pretoria. En in albei romans is die moordenaar 'n psigopaat.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bets+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eBets Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bets Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376534700195,"sku":"9780799387773","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799387773_367f3980-6022-46a1-a4a6-3a46df1f78eb.jpg?v=1776513783","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799387773","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}