{"product_id":"9780799387803","title":"As dit proe soos liefde","description":"\u003cp\u003eLisa Steyn keer ná ses jaar terug Suid-Afrika toe om Carel de Villiers se huwelik te stop. Sy het net vier weke tyd. Maar sy hou nie rekening met Carel se broer Johann nie. Dit was hý wat haar destyds Londen toe gestuur het sodat sy weg van Carel kon wees.\u003cbr\u003eToe sy Tafelberg weer sien, is die herinnering aan die pyn wat sy destyds ervaar het, baie fel. Nie net liggaamlik ná haar ongeluk toe nie, maar ook emosioneel. Maar gelukkig lyk die prentjie nou anders. Sy is gereed om haar regmatige plek te eis. Haar wonde en hart het intussen genees. Londen het immers alles gebied wat sy nooit in Suid-Afrika gehad het nie. Sy het mense ontmoet wat nader as familie geword het. Sy is die skepper van 'n baie gewilde blog en het twee boeke uitgegee.\u003cbr\u003eHaar huis in Italië wag op haar waarheen sy kan terugkeer sodra haar sake op die De Villierse se wynplaas Assordante afgehandel is. Lisa se aansoek as versorger vir Carel en Johann se pa wat 'n beroerte gehad het, is suksesvol, en sonder dat sy dit beplan het, verander dit die koers van haar lewe ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Didi+Potgieter\" class=\"contributor-link\"\u003eDidi Potgieter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Didi Potgieter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376536895651,"sku":"9780799387803","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799387803_3e88e75d-3902-418e-95ca-54f414ed8dbd.jpg?v=1776513787","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799387803","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}