{"product_id":"9780799387872","title":"Altyd en altyd Omnibus","description":"\u003cp\u003eDoodgewone wonderwerk\u003cbr\u003e'n Onverstandige vrou \u003cbr\u003eBruid in blou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDoodgewone wonderwerk:\u003cbr\u003eElizabeth is nie lui nie; sy weet net nie wat dit beteken om vir 'n salaris te werk nie. Maar nou is haar reuse-erfporsie lelik geknou deur 'n onoordeelkundige belegging. Sy sal 'n werk moet kry. En dit moet hou, want sy is nou al deur 'n paar afdankings en bedankings.\u003cbr\u003eToe, tog, word sy as die aantreklike, befoeterde Simon se huishoudster aangestel. Maar Simon, 'n skrywer, word nie eintlik vriendeliker wanneer hy mislukte disse in die asblik vind nie. Tot daardie dag by die strand, wat niks met kosmaak te doen het nie. Of het Elizabeth dit heeltemal verkeerd verstaan? 'n Huishoudster is tog wat hy wil hê - sê hy.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Onverstandige vrou:\u003cbr\u003eDaar's net een man wat so beweeg, so loslit en langbeen, so ...\u003cbr\u003eJens Nielsen.\u003cbr\u003eToe hy Laetitia destyds nie wou hê nie, het sy die pad gevat, terug huis toe, waar sy hulle kind alleen grootmaak. Maar Dottie noem al wat broek dra 'Pappa'. Miskien moet sy terug Denemarke toe en Dot se pa vir haar gee ...\u003cbr\u003eMaar verniet dag Laetitia se mense Dot gaan haar pa kry. Jens wil haar ma steeds nie hê nie. Laetitia moet maar weer terug huis toe, siek en sat vir leuens wat haar al aan die hakskeen byt; maar weer weghol, soos destyds, toe haar patetiese kaartehuis ook ineen getuimel het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBruid in blou:\u003cbr\u003eHugh laat Jessie twee weke voor hulle troue weet hy is pas met iemand anders getroud. In 'n waas van ongeloof, skok en hartseer trou sy halsoorkop - en boonop in 'n blou rok - met Gideon, die hartebrekervriend uit haar jeug.\u003cbr\u003eOndanks sy reputasie as Casanova van formaat, is Gideon alles wat Jessie in 'n man kan begeer. Sy is toe mooitjies ook nie in sak en as oor haar ampertroue nie, want Gideon koester haar in alle opsigte en dra haar op die hande.\u003cbr\u003eWanneer haar vriendin kom kuier en sy en Gideon wil voorgee hulle is 'n gelukkige wittebroodspaartjie, val hulle planne klaaglik deur die mat want die liefde laat hom mos nie voorskryf nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Thea+Holland\" class=\"contributor-link\"\u003eThea Holland\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Thea Holland","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376533291171,"sku":"9780799387872","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799387872_e52b0663-3fee-42d9-96e4-18745e32ae3d.jpg?v=1776513795","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799387872","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}