{"product_id":"9780799387933","title":"Liefdesafari","description":"\u003cp\u003eFranci von Lelieveld is 'n CA en in haar lewe is daar vir alles 'n tyd en plek. Toe die wildbewaarder Gavin Michaels haar soen, voel sy hoe sy beheer oor haar lewe verloor. Maar hulle gaan op mekaar moet staatmaak, want 'n skynhuwelik is hul voorland.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eInligting oor die skrywer: René van Zyl is 'n oud-joernalis, skrywer en blogger wat teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort vir haar 'n nessie uitgegrawe het. Liefdesafari is haar eerste romanse in die Romanza-reeks.\u003cbr\u003eJoanita Fourie, redigeerder van Romanzas sê oor hierdie debuutskrywer: “Die manuskrip is so plesierig, die taalgebruik heerlik spontaan met selfs 'n uiters gepaste nie-predikantsvrouerige woord so hier en daar, en die verhaal goed deurdink en sommer net lekker om te lees.”\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ren%C3%A9+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eRené van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"René van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376540467363,"sku":"9780799387933","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799387933_2b253d07-75cf-4bd1-9b3b-0cd07bb7b09d.jpg?v=1776513803","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799387933","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}