{"product_id":"9780799388312","title":"Soos 'n diep waterkuil","description":"\u003cp\u003e“'n Sedelose vrou is soos 'n diep waterkuil. 'n Verleidster is soos 'n put waaruit jy nie kan kom nie. Eers was daar een. Toe was daar twee. Nou is daar drie.” Die stem wat laatnag met speur-adjudant Jaap Helberg, beter bekend as Boel, oor die foon praat, is skor en die elokusie dik soos iemand met ernstige laringitis en 'n verstopte neus.\u003cbr\u003eDie moordenaar hou van raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel hom waar hy haar lyk kan kry en stuur vir hom 'n video van hoe sy vermoor word. \u003cbr\u003eHierdie is sy derde slagoffer. Volgens die moordenaar is die ander twee “in 'n verlate, stil en skemer plek. In donker water wat nooit son sien nie. Daar is ou masjiene, reuse- bloekombome en 'n groot swart kruis wat met die son kom en gaan.”\u003cbr\u003eIn sy ondersoek kom Helberg af op 'n sindikaat wat met diamante smokkel en hoewel die twee sake drasties verskil, is hulle op 'n manier geknoop. In die makabere klimaks waarop dit uitloop skiet iemand vir Boel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Peet+Venter\" class=\"contributor-link\"\u003ePeet Venter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Peet Venter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376753295523,"sku":"9780799388312","price":145.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799388312_6735aa66-8dd8-4d44-8e4a-a9fa56754f52.jpg?v=1776513848","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799388312","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}