{"product_id":"9780799388343","title":"Dag drie","description":"\u003cp\u003eDwelms: 'n kanker wat die samelewing verwoes\u003cbr\u003eLuna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, 'n volbloed diepdekkingsagent, op 'n missie na Mauritius waar Mike met 'n informant kontak sal maak.\u003cbr\u003eLuna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van 'n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense 'bevriend'. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir 'n visvang-uitstappie op 'n luuksejag.\u003cbr\u003eLuna het nie 'n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net 'n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in 'n breekspul.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDag drie is die derde boek in die reeks met Luna Joubert as hoofkarakter. Die vorige twee was Katoog en Vermis.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jeanette+Stals\" class=\"contributor-link\"\u003eJeanette Stals\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jeanette Stals","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376757293219,"sku":"9780799388343","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799388343_29f38b22-54c9-4ef4-8b8e-cdf767cad52d.jpg?v=1776513853","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799388343","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}