{"product_id":"9780799388756","title":"Kate in harmonie","description":"\u003cp\u003eKom verloor jou hart op 'n perd.\u003cbr\u003eKate se hele lewe is op sy kop gekeer.\u003cbr\u003eNadat haar pa sy werk verloor, trek hulle gesin sak en pak na 'n plaas naby die Paarl. Dit beteken Kate moet haar hele lewe in Johannesburg en die Fab-susters, haar beste vriendinne, agterlaat om graad elf in 'n nuwe skool te begin, terwyl sy probeer aanpas by die rustige plaaslewe. Haar broer moet in sy matriekjaar sy plek in die eerste rugbyspan en sy leerlingraadsbalkie prysgee.\u003cbr\u003eSommer die eerste dag op Uitkyk trek een van die perde Kate se aandag. 'n Wit-en-bruin hings met vurige donker oë. Die perd se naam is Harmonie, maar dit pas glad nie by hom nie - hy is in harmonie met net mooi niks. Wanneer iemand dit naby hom waag, raak hy wild en hy laat nie 'n saal op sy rug toe nie. Will, die plaaseienaars se seun, bied aan om vir Kate perdrylesse te gee. Maar hy maak geen geheim daarvan dat hy reken dié stadsjapie-meisie wat vir perdemis gril, gaan nie die mas opkom nie.\u003cbr\u003eHy hou egter nie rekening met Kate se vasberadenheid nie.\u003cbr\u003eIets aan Harmonie trek haar aan, lok haar elke keer terug na sy kamp waar sy ure lank sit en die perd se grasieuse lyne in haar sketsboek teken. Hoe meer sy oor Harmonie se verlede uitvind, hoe sterker word die band tussen hulle. En toe Harmonie se toekoms in die weegskaal beland, moet Kate die dapperste ding van haar lewe doen …\u003cbr\u003e'n Aangrypende lekkerlees-jeugverhaal oor tweede kanse en die kragtige band tussen 'n spesiale ruiter en 'n spesiale perd.\u003cbr\u003eKate in harmonie was op die kortlys van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie in 2017.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jacolet+van+den+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eJacolet van den Berg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jacolet van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376540565667,"sku":"9780799388756","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799388756_bb9a243e-d3b9-44e0-9d81-e85dc93bcc7b.jpg?v=1776513966","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799388756","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}