{"product_id":"9780799388763","title":"Keshia Davids, superheld","description":"\u003cp\u003eKeshia Davids is net 'n doodgewone (gaap) skoolmeisie. Daar is niks spesiaals aan haar nie. Sy kan nie eens 'n behoorlike wawiel doen nie. Maar alles verander toe sy op 'n dag sien hoe 'n boelie op haar kleinsussie pik - en die vonke begin spat! Ja, regtig. Daar skiet ligstrale uit Keshia se vingers. Wat op aarde is aan die gang?\u003cbr\u003eDit is tyd dat haar ouers oop kaarte speel - en Keshia se lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. Sy vind uit haar ma lei 'n dubbele lewe as geheime superheld wat misdaad regoor die wêreld bestry, terwyl haar pa by die huis bly en na die kinders omsien. En die tyd het aangebreek dat Keshia by haar ma aansluit en deel word van die wêreldwye stryd teen skelms.\u003cbr\u003eTerwyl Keshia se superkragte begin sterker word, moet sy 'n balans probeer vind tussen haar superheld-opleiding en haar skoolwerk. Hoe op aarde gaan sy haar geheim vir haar vriende wegsteek?\u003cbr\u003eEn toe haar ma se bose tweeling haar opwagting maak, begin Keshia wonder of dit nie dalk meer pret is om 'n super-SKURK te wees nie …?\u003cbr\u003e'n Skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuurverhaal vir jong lesers!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alesha+Dixon\" class=\"contributor-link\"\u003eAlesha Dixon\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Pe+Grigo\" class=\"contributor-link\"\u003ePe Grigo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Alesha Dixon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523862184099,"sku":"9780799388763","price":195.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799388763_01316ad1-3266-44cc-a874-70eed5ec8544.jpg?v=1776513972","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799388763","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}