{"product_id":"9780799388794","title":"Superskurk","description":"\u003cp\u003eDaar is ten minste 10 000 redes waarom 'n vakansie by Wessel se oupa NIE 'n goeie idee is nie. \u003cbr\u003eSy oupa Zirk bly in 'n groot, grillerige ou huis buite die stad. 'n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef. \u003cbr\u003eDaar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is 'n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. \u003cbr\u003eToe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op 'n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.\u003cbr\u003eMaar iets is nie pluis nie.\u003cbr\u003eWaarom sluip sy oupa snags in die donker rond?\u003cbr\u003eWat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie?\u003cbr\u003eHoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in 'n geveg was?\u003cbr\u003eDaar is net een manier om uit te vind ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKort voor lank is Wessel deel van 'n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van 'n leeftyd gaan word ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Nicolene+Strauss\" class=\"contributor-link\"\u003eNicolene Strauss\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375775826083,"sku":"9780799388794","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799388794_3d72a53b-767e-4ca3-9431-0b7e49d7f30b.jpg?v=1776513986","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799388794","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}