{"product_id":"9780799388800","title":"Lang pad onnetoe","description":"\u003cp\u003eEen van die mees bekroonde internasionale jeugromans wat die afgelope tyd verskyn het, is nou in Afrikaans beskikbaar (Oorspronklike titel: Long way down).\u003cbr\u003eJy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem.\u003cbr\u003eWill is vyftien jaar oud. Hy het 'n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s'n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek.\u003cbr\u003eOf weet hy regtig?\u003cbr\u003eDie hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van 'n groter storie as die een wat hy dink hy ken …\u003cbr\u003eHierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om 'n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen - en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jason+Reynolds\" class=\"contributor-link\"\u003eJason Reynolds\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jason Reynolds","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376682025123,"sku":"9780799388800","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799388800_a57edb56-b3fc-4b41-9b3f-6b4fa5d2a0b9.jpg?v=1776513990","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799388800","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}