{"product_id":"9780799388831","title":"As die kat weg is …","description":"\u003cp\u003eOntmoet vir Aristoteles, 'n kat met hope houding!\u003cbr\u003eAristoteles is 'n silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe, en hy is baie mooi - hy reken self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink … tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag 'n hond vir haar verjaardag hê.\u003cbr\u003e'n Hond!?!\u003cbr\u003eWatter verstandige agtjarige dogtertjie wil so 'n irriterende, keffende dierasie hê?\u003cbr\u003eAristoteles is vasbeslote dat dit nie gaan gebeur terwyl hy die kat in die huis is nie! Al wat hy hoef te doen, is om Anna te laat besef hoeveel hy vir haar beteken - en hy gaan wegloop om sy punt te bewys.\u003cbr\u003eOngelukkig is die lewe van 'n straatkat nie heeltemal wat Aristoteles verwag het nie …\u003cbr\u003eHierdie snaakse, avontuurbelaaide storie word uit die perspektief van Aristoteles die kat vertel, en is briljant deur die veelbekroonde Kobus Geldenhuys uit die oorspronklike Duits vertaal.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annette+Herzog\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnette Herzog\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Pe+Grigo\" class=\"contributor-link\"\u003ePe Grigo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annette Herzog","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376553771171,"sku":"9780799388831","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799388831_fe3aee1b-3688-478b-b79a-9d12b980d036.jpg?v=1776513998","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799388831","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}