{"product_id":"9780799388848","title":"Kieme: Boosaardige bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse","description":"\u003cp\u003eHulle is piepklein … grillerig … en fantasties!\u003cbr\u003eOntmoet die bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en ons wêreld aan die gang hou.\u003cbr\u003eWat het 'n gloeiende seekat, 'n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wêreld van mikrobiologie! Hierdie fantastiese boek stel kinders aan bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes bekend. Dit verduidelik waarom ons bakterieë nodig het, en stel jong slimkoppe ook aan ander piepklein organismes bekend - virusse, fungusse, alge en protosoë.\u003cbr\u003eBakterieë is die belangrikste lewende organismes op aarde, en 99 persent van hulle is nuttig, nie skadelik nie. Sonder bakterieë sou ons nie brood of kaas gehad het nie, en ons liggame sou nie kon werk soos dit moet nie. Mikrobes hou ons en ons wêreld op verrassende maniere aan die gang. Hierdie boek wys jou hoe dit gebeur - met fantastiese voorbeelde van mikrobiologie in aksie!\u003cbr\u003eHierdie boek is 'n prettige, leersame inleiding tot 'n onderwerp wat kinders van aangesig tot aangesig met die wonderwêreld van piepklein wetenskap bring. Met verstommende foto's, lawwe karakterillustrasies en hope prettige feite wat jou lekker sal laat gril, sal jong wetenskaplikes hierdie boek oor mikrobiologie eenvoudig nie kan neersit nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ko-produksie+(DK)\" class=\"contributor-link\"\u003eKo-produksie (DK)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ko-produksie (DK)","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376672194723,"sku":"9780799388848","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799388848_323c0248-dcaf-4f6f-85e0-ce987761c58b.jpg?v=1776514001","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799388848","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}