{"product_id":"9780799389005","title":"Onvoorspelbare harte Omnibus","description":"\u003cp\u003eDans in die reën\u003cbr\u003eSprokiesprinses\u003cbr\u003eFasade van die hart.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDans in die reën:\u003cbr\u003eNick du Toit was nog altyd sexy. Gevaarlik sexy.\u003cbr\u003eKleintyd het haar maats se leepoë oor hom haar geamuseer. Totdat Lillie se mond ook begin droog word het. Skielik was hy meer as net haar aangetroude neef, haar mentor, die ou wat haar beskerm. Hy was die man wat sy liefhet.\u003cbr\u003eMaar Nick is nege jaar ouer as sy. Wêreldwys. 'n Rokjagter.\u003cbr\u003eNá vier jaar op universiteit kuier sy weer by haar tante-hulle op die plaas. En Nick is daar. Sterk. Onweerstaanbaar. Onvoorspelbaar. Hy verwar Lillie, maak haar woedend … én haar bene lam. En sy weet sy moet liewer padgee, ás sy haar stukkende hart wil laat heel word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSprokiesprinses:\u003cbr\u003e'n Maand voor haar troue word Zoë in die steek gelaat. Haar selfvertroue is daarmee heen. Sy twyfel aan haar vroulikheid, en haar selfbeeld is aan skerwe. Die stappery in die Outeniqua moet help om haar kop skoon te kry, haar help heel word. Maar 'n groter probleem wag daar - Kian Richards. Om amper met 'n gay man te trou, was erg, maar om die bewerasie te kry naby 'n man wat vroumense so geniet dat hy hom nie laat bind nie, is onhanteerbaar. Miskien moet sy 'n bietjie flirt, haar vroulikheid toets. Maar sy is nie opgewasse teen die intensiteit van haar gevoelens nie. Koelkop kan sy Kian nie hanteer nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eFasade van die hart:\u003cbr\u003eSy verfoei hom, kan dit nie eens verduur om naby hom te staan nie, wat nog te sê langs hom sit en wild uit die helikopter met dwelmpyltjies skiet.\u003cbr\u003eBeate weet van Derrick de Winter se voete van klei. Kleintyd was hy haar beste maat, haar held, totdat hy met Lucy begin uitgaan het ... en geweier het om die verantwoordelikheid van hul kind te dra. Sy weet hy gryp onbetrokke na vroue soos stukkies dryfhout wat verbykom, en los hulle ewe vinnig.\u003cbr\u003eSy sal haar nie laat meesleur nie.\u003cbr\u003eMaar die aand van die verpestelike rooi rok speel sy roekeloos saam, met gevolge wat selfs sy nie kon voorsien nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mari+Roberts\" class=\"contributor-link\"\u003eMari Roberts\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mari Roberts","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376540336291,"sku":"9780799389005","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799389005_6902d289-9cc3-4102-859b-252521f00548.jpg?v=1776514023","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799389005","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}