{"product_id":"9780799389197","title":"Groot Beer","description":"\u003cp\u003eEk is lief vir jou, Groot Beer!\u003cbr\u003eDie eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op 'n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie - net baie, baie groter.\u003cbr\u003eGroot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier.”\u003cbr\u003eSy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te wees nie en sy vertel vir hom geheime waarvan niemand anders weet nie.\u003cbr\u003eMaar toe Lara daardie middag by die huis kom, staan daar 'n tas en bokse in die gang. Sy hoor harde stemme en kort daarna ry Pappa weg.\u003cbr\u003e“Moenie bekommerd wees nie, my skat,” sê Mamma vir haar. “Ek en jy gaan piekfyn wees.”\u003cbr\u003eMaar daardie aand kan Lara nie slaap nie.\u003cbr\u003eEn kort voor lank klim iemand deur haar venster.\u003cbr\u003e“Moenie hartseer wees nie,” sê 'n sagte stem. “Ek is hier.”\u003cbr\u003eEn daar is Groot Beer!\u003cbr\u003eKort voor lank beleef hulle hope avonture saam …\u003cbr\u003e'n Sensitiewe, roerende storie oor 'n kind se hantering van egskeiding, en die wonderlike genesende krag van verbeelding en stories.\u003cbr\u003eOok in Engels beskikbaar as Big Bear, ISBN: 9780799389203.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wendy+Hartmann\" class=\"contributor-link\"\u003eWendy Hartmann\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Zinelda+McDonald\" class=\"contributor-link\"\u003eZinelda McDonald\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wendy Hartmann","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376674291875,"sku":"9780799389197","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799389197_45cc528c-e30a-4313-a1ea-eab103e29c66.jpg?v=1776514035","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799389197","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}