{"product_id":"9780799389258","title":"Die groot koelte","description":"\u003cp\u003eDit is tyd om jou binne-leeu te ontdek.\u003cbr\u003eDie wêreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas gereën. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt.\u003cbr\u003eSedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op 'n strand, met net 'n lafhartige leeu, 'n veglustige seemeeu en 'n trop lastige bobbejane as geselskap.\u003cbr\u003eMaar op 'n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die wêreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, is hulle eers vasbeslote om Feliks op te vreet. Maar die ysbeer-kaptein is seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed. Sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is!\u003cbr\u003eWat volg is 'n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. En terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op 'n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die wêreld verander … as hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte.\u003cbr\u003eHierdie meesleurende fantasieverhaal is meesterverteller Leon de Villiers op sy allerbeste. Dit is 'n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop - en 'n onblusbare liefde vir die natuur.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leon+de+Villiers\" class=\"contributor-link\"\u003eLeon de Villiers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+David+Griessel\" class=\"contributor-link\"\u003eDavid Griessel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Leon de Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376943579299,"sku":"9780799389258","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799389258_cc3beb36-625e-483b-be39-101bfbc4a3b7.jpg?v=1776514060","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799389258","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}