{"product_id":"9780799389371","title":"Hokaai, Lulu","description":"\u003cp\u003eGeniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie\u003cbr\u003eDie groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie!\u003cbr\u003eKort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan 'n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om 'n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag 'n beroemde modeontwerper te word.\u003cbr\u003eMaar dan loop die uitstappie onverwags skeef - en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOor die reeks\u003cbr\u003eLulu droom daarvan om eendag 'n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie. Hierdie opwindende reeks uit die pen van die bekroonde Fanie Viljoen is propvol aksie, avontuur … en opwindende modes! Die vorige boeke in die reeks was Oe la la, Lulu; Bravo, Lulu; Oepse daisy, Lulu en La di da, Lulu.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Elsbeth+Eksteen\" class=\"contributor-link\"\u003eElsbeth Eksteen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376878764195,"sku":"9780799389371","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799389371_84ebab0e-deec-4027-936a-d45dcf1d68d5.jpg?v=1776514109","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799389371","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}