{"product_id":"9780799389395","title":"ELLE 10 : Droomkans","description":"\u003cp\u003eDie laaste, onvergeetlike Elle-avontuur\u003cbr\u003eDie matriekdans-monster.\u003cbr\u003eDit is presies wat op die oomblik oor Elle se skouer loer. Die ontwerpersrok van haar drome kos 'n plaas se geld, en sy het geen benul waar sy 'n ander rok vir die matriekdans in die hande gaan kry nie.\u003cbr\u003eBoonop is mevrou Bender terug op haar pos as skoolhoof van Gravitas - en sy is vasbeslote dat Elle haarself as hoofmeisie moet bewys. Wat gaan sy doen om seker te maak sy laat iets waardevols agter; iets om dankie te sê vir die wonderlike jare wat sy by Gravitas beleef het en seker te maak niemand vergeet haar in die jare wat voorlê nie?\u003cbr\u003eMaar waar Elle in die omtrek is, is daar gewoonlik ook hope moeilikheid. Kort voor lank sluip daar 'n paar vreemde nagtelike besoekers in die koshuis rond. En toe Elle agter die kap van die byl kom, moet sy inspring en help - al beteken dit ook sy moet by die skool se rekenaarstelsel probeer inbreek, hoofmeisie ofte not!\u003cbr\u003eGaan Elle haar droomkans kry om 'n blywende nalatenskap by Gravitas te laat?\u003cbr\u003eDie laaste hoofstuk in die Elle-reeks sal aanhangers laat juig vir hul heldin - en trane laat afvee oor die skouspelagtige kragtoer waarmee hierdie topverkoperreeks ten einde loop. 'n Onvergeetlike boek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christien+Neser\" class=\"contributor-link\"\u003eChristien Neser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christien Neser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376757129379,"sku":"9780799389395","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799389395_22135d31-1d31-411e-b5a6-558dcb5fa779.jpg?v=1776514114","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799389395","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}