{"product_id":"9780799389418","title":"Die 17de veer","description":"\u003cp\u003e'n Storie oor vriendskap, die verlede, vergifnis … en vere.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLara is nog op skool, maar werk in haar vrye tyd by 'n tatoeëersalon en verkoop vintage-klere vir ekstra sakgeld. Haar ma gebruik kalmeerpille om die lewe in die oë te kyk en oom Dan, wat by hulle woon, is 'n vreedsame funksionele alkoholis. Haar pa was nog nooit deel van haar lewe nie. \u003cbr\u003eAlex het in 'n kinderhuis grootgeword en het 'n troetel-uil. Hy help al sedert sy laerskooldae om siek en beseerde voëls te versorg en weer in die natuur vry te laat. En hy is in Kaapstad omdat hy 'n belofte aan iemand gemaak het.\u003cbr\u003eToe Lara die eerste keer vir Alex sien, is sy byna seker hy agtervolg haar. Wat sy nog nie weet nie, is dat hulle wêrelde op die punt is om bymekaar te kom. En alles begin met 'n hoededoos vol ou briewe wat Lara op haar ma se kas ontdek ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie opwindende, liriese grootwordverhaal ondersoek Nanette van Rooyen die ingewikkelde bande wat gesinne bymekaarhou, en wat dit regtig beteken om 'n tuiste te hê. Temas sluit in: uitdagende gesinsverhoudings, afwesige ouers, vriendskap, romanse, kommunikasie, voëls, uile. Die sewentiende veer was een van die wenboeke in die LAPA Jeugromankompetisie 2017.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nanette+van+Rooyen\" class=\"contributor-link\"\u003eNanette van Rooyen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nanette van Rooyen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377239965859,"sku":"9780799389418","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799389418_3cb75497-15c2-4bba-a769-a7f27de71c93.jpg?v=1776514122","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799389418","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}