{"product_id":"9780799389814","title":"Dowe gode","description":"\u003cp\u003eWanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?\u003cbr\u003eMasjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in 'n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.\u003cbr\u003eAella O'Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit 'n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot 'n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy 'n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal 'n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.\u003cbr\u003eWat is die motief? Is dit net nog 'n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?\u003cbr\u003eHaar eerste verdagte word wreed aangerand deur 'n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.\u003cbr\u003eDie roman bied 'n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is 'n kenner se hand aan die werk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in 'n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.\u003cbr\u003eMoord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?\u003cbr\u003eEers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe 'n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.\u003cbr\u003eDowe gode is die skrywer se vierde boek. Saliger, Vrediger en Heiliger was die eerste drie. Hierdie roman het 'n nuwe hoofkarakter, Aella, wat 'n kaptein in die polisie is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWat maak die boek anders?\u003cbr\u003e-Die konflik onder die ou en nuwe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens op grondvlak word ontgin;\u003cbr\u003e-Dit word ook blatant gekoppel aan die persepsie van rasgeïnspireerde plaasaanvalle;\u003cbr\u003e-Die polisiekultuur word lewensgetrou uitgebeeld;\u003cbr\u003e-Die roman word geweef rondom 'n oënskynlike plaasaanval waarin die lot van die slagoffers sowel as die misdadigers aangespreek word;\u003cbr\u003e-Breytenbach se romans in die algemeen word gekenmerk deur skreiende politieke en sosiale kommentaar.\u003cbr\u003e-Breytenbach skryf uit haar agtergrond as strafreggeleerde, wat geloofwaardigheid en diepte aan haar romans verskaf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dibi+Breytenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eDibi Breytenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dibi Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376550035619,"sku":"9780799389814","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799389814_dc2d4139-e2e9-4fb1-9853-c6a5ed6dc0ab.jpg?v=1776514227","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799389814","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}