{"product_id":"9780799389876","title":"Man sonder weerga Omnibus","description":"\u003cp\u003eBets Smith is een van Afrikaans se gevestigde skrywers. Behalwe vir romanses, skryf sy ook spanningsverhale.\u003cbr\u003eHierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Bets se vorige Romanzas, Die towerformule, Liefste Valentyn en Engel sonder vlerke.\u003cbr\u003eBets Smith se karakterisering en sin vir humor kom na vore in hierdie verhale. Sy het fyn uitgewerkte storielyne, met die fokus op die emosionele belewenis van die leser. Al drie verhale het 'n hospitaal - of mediese agtergrond.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie towerformule:\u003cbr\u003eEsti se nuwe huisbaas op die Noord-Kaapse dorpie verwar haar. Is Bernhard Ehmke die beer, wat hom oor vroue ontferm, of die wolf, wat harte verorber? Maar beer of wolf, dié dokter sal haar nie ook meesleur nie.\u003cbr\u003eLiefste Valentyn:\u003cbr\u003eElvira vermoed lankal Marius gebruik haar. Die hospitaalgange dreun oor hom en die baas se dogter. Reuel, die nuwe chirurg, wil Marius jaloers maak, en Elvira wonder - is sy verpletter? Of dalk verlig?\u003cbr\u003eEngel sonder vlerke:\u003cbr\u003eMinette se laaste studiejaar ontaard in 'n nagmerrie toe sy self moet sorg vir elke sent wat sy benodig. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe - of haar hart - nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bets+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eBets Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bets Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376552231075,"sku":"9780799389876","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799389876_77211262-e076-458f-96ee-f7693d792678.jpg?v=1776514235","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799389876","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}