{"product_id":"9780799390537","title":"Prettige feite: Plaasdiere","description":"\u003cp\u003ePrettige feite en aktiwiteite vir woelwaters!\u003cbr\u003eHierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!\u003cbr\u003eDaar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks:\u003cbr\u003eHaaie en ander seediere\u003cbr\u003eGoggas\u003cbr\u003eWonders van die woud\u003cbr\u003eVan my kop tot my tone\u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePlaasdiere\u003cbr\u003eKuier 'n dag lank op die plaas! Loer in by die perde en voer die hoenders. Kinders leer meer oor die lewe van plaasdiere en ontdek interessante feite oor die plaaslewe terwyl hulle verskillende handwerk-aktiwiteite, raaisels en leerspeletjies voltooi. Elke bladsy bevat helder foto's met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om die projekte te voltooi. Die boek kombineer feite vir kinders met prettige aktiwiteite - die perfekte manier om lang somersdae deur te bring!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dorling+Kindersley\" class=\"contributor-link\"\u003eDorling Kindersley\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dorling Kindersley","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376757457059,"sku":"9780799390537","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799390537_ddfb350e-2bc2-4b58-bc8b-3e271bca7f57.jpg?v=1776514300","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799390537","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}