{"product_id":"9780799390568","title":"Prettige feite: Wonders van die woud","description":"\u003cp\u003ePrettige feite en aktiwiteite vir woelwaters!\u003cbr\u003eHierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!\u003cbr\u003eDaar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks:\u003cbr\u003ePlaasdiere\u003cbr\u003eHaaie en ander seediere\u003cbr\u003eGoggas\u003cbr\u003eVan my kop tot my tone\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWonders van die woud\u003cbr\u003eMaak kennis met al die oulike diere en ongelooflike dinge in 'n woud - van hasies tot bere en goggas - in hierdie opvoedkundige projekboek. Elke bladsy bevat asemrowende foto's met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om elke projek te voltooi. Maak 'n oulike dennebol-uil, 'n beermasker, heerlike bessie-ysies, en vele meer. Perfek vir kinders wat versot is op die buitelewe!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dorling+Kindersley\" class=\"contributor-link\"\u003eDorling Kindersley\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dorling Kindersley","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376757227683,"sku":"9780799390568","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799390568_5df3a463-4101-41a8-94fd-368ef3b75465.jpg?v=1776514312","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799390568","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}