{"product_id":"9780799390636","title":"Op my planeet: die beste rympies van Jaco Jacobs","description":"\u003cp\u003eWelkom op 'n planeet propvol pret!\u003cbr\u003eJaco Jacobs se planeet is 'n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur.\u003cbr\u003eDaar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees …\u003cbr\u003eof 'n walvis kan in jou sop beland.\u003cbr\u003eJy kan uitvind hoe 'n skoonheidskompetisie vir monsters werk …\u003cbr\u003eof die waarheid oor haaie uitvind.\u003cbr\u003eJy kan ontdek jou boetie is 'n ruimtewese …\u003cbr\u003ejou troetel-dinosourus saam skool toe vat ..\u003cbr\u003eof 'n luislang kan jou ouma insluk!\u003cbr\u003eDaar is deesdae byna nie 'n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie. Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het 'n hele rits rympies uit sy pen gevloei.\u003cbr\u003eHierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende:\u003cbr\u003e* Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje)\u003cbr\u003e* 'n Brulpadda in my tas\u003cbr\u003e* My boetie dink hy's Batman\u003cbr\u003e* Kougom in my hare\u003cbr\u003e* Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers\u003cbr\u003eEn daar is ook 'n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAangename kennis\u003cbr\u003eHaai, jy daar -\u003cbr\u003ehou op met staar!\u003cbr\u003eKom staan bietjie nader en groet.\u003cbr\u003eMens sal sweer\u003cbr\u003edis die eerste keer\u003cbr\u003edat jy iemand met skubbe ontmoet.\u003cbr\u003eJa, sien is glo,\u003cbr\u003eek hét drie oë\u003cbr\u003een my stert is so lank en so breed;\u003cbr\u003emy tentakels is vaal,\u003cbr\u003emaar dis doodnormaal -\u003cbr\u003edis hoe almal lyk op my planeet!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Zinelda+McDonald\" class=\"contributor-link\"\u003eZinelda McDonald\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376757555363,"sku":"9780799390636","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799390636_4dc0d276-c91a-4de1-b31e-d357cf0beb4c.jpg?v=1776514342","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799390636","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}