{"product_id":"9780799391275","title":"Jamie en Sebastiaan-omnibus","description":"\u003cp\u003eJamie en Sebastiaan is terug in 'n fantastiese omnibus\u003cbr\u003eMaak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met 'n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat - van noue ontkomings uit die hande van 'n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol.\u003cbr\u003eJamie en Sebastiaan\u003cbr\u003eVan die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid! Sebastiaan is nie net ŉ gewone kat nie. Hy is ŉ spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is 'n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter. Hy weet dat dit Sebastiaan was wat die skoolhoof se tunatert opgevreet het EN wat hulle amper in die kloue van 'n smerige ontvoerder laat beland het EN wat ŉ wrede seerower se houtbeen gesteel het EN wat die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak het dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak …\u003cbr\u003eJamie en Sebastiaan en die storiemol\u003cbr\u003eIn die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ŉ baie belangrike opdrag - hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. 'n Wêreld sonder stories sal 'n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ŉ slim sprinkaan en ŉ pratende hysbak!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Martie+Preller\" class=\"contributor-link\"\u003eMartie Preller\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Martie+Kruger\" class=\"contributor-link\"\u003eMartie Kruger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Elanie+Bieldt\" class=\"contributor-link\"\u003eElanie Bieldt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Martie Preller,Martie Kruger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376903504035,"sku":"9780799391275","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799391275_8bf24b22-1e5c-4704-9bc7-7dd0e381e21d.jpg?v=1776514458","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799391275","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}