{"product_id":"9780799391442","title":"Om jou te vind Omnibus","description":"\u003cp\u003eKristel Loots is bekend vir haar fyn humorsin en besondere vermoë om haar karakters uit te beeld.\u003cbr\u003eHierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Kristel se vorige liefdesverhale, Liefde op Vergeetbaai, Kiki se kroonprins en Sieraad uit as.\u003cbr\u003eLiefde op Vergeetbaai:\u003cbr\u003eIrmariana koop die kothuis langs Zak de Beer, wat sy privaatheid beskerm en 'n muur tussen hulle wil oprig. Vergeetbaai is afgesonder en hulle loop mekaar (noodwendig) raak. Irmariana het Vergeetbaai toe gekom om weer heel te word en om te werk aan haar jongste kinderboek. Sy durf nie toelaat dat 'n man haar aandag aftrek nie. Selfs al is hy uiters aantreklik en betowerend.\u003cbr\u003eKiki se kroonprins:\u003cbr\u003eKiki moet 'n onderhoud voer met 'n skatryk hubare sakeman wat die erfgenaam van Kroukamp Internasionaal is, Olaf Kroukamp. Hulle voer klere en skoonheidsmiddele uit. Hy het ook 'n boek geskryf wat mense aan die praat het en verkoop selfs die filmregte daarvoor. Kiki lê hom voor toe hy met sy honde gaan stap. Later pas sy sy herehuis en honde op. Olaf wen 'n literêre prys en vra Kiki om hom te vergesel. Haar ekskêrel, Roger sien die insetsel op televisie en spoor haar op. Hy doen alles in sy vermoë om Kiki en Olaf se verhouding te laat sneuwel.\u003cbr\u003eSieraad uit as:\u003cbr\u003eJanette gaan woon 'n week lank in afsondering as proefkonyn vir navorsing oor die rookgewoonte. Kameras volg inwoners se verslawing. Sy sukkel om haar gevoelens vir die ghoeroe, Marnitz Marais te onderdruk. Janette is ook die troostante vir die tydskrif waarvoor sy as joernalis werk. 'n Super Girl sorg vir heelwat intrige en doen alles in haar vermoë om Marnitz en Janette se ontluikende verhouding te saboteer...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kristel+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eKristel Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376776102051,"sku":"9780799391442","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799391442_7b5b4a07-a354-40ec-b594-986cb311fab9.jpg?v=1776514489","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799391442","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}